Description
Groter Krugerwildtuin Aktiwiteite en Joernaal
Die “Groter Krugerwildtuin Aktiwiteite en Joernaal” is die ideale plek om al jou Kruger-herinneringe aan te teken. Die kleurvol geillustreerde boek is saamgestel deur plaaslike skrywer Liza M Roux en Suid Afrikaanse kunstenaar, Ammie Miske.
Elke ikoniese spesie in die boek is sorgvuldig individueel geillustreer om te help met identifikasie en die leser aan te moedig om die natuur op verskillende vlakke te geniet en die Kruger ervaring positief te beïnvloed .
Met tieklyste, skattejagte en kleurvolle illustrasies sal die hele gesin die boek geniet.
Die joernaal-afdeling bied genoeg spasie vir vrye en kreatiewe notas van jou wildtuin-vakansie-ervarings.
Dit kan gebruik word vir foto’s, ekstra tieklyste, ‘n vakansie dagboek, sketse en nog vele meer.
Bewaar jou ervarings en herinneringe in die boek, om vir jare saam met geliefdes te onthou en geniet.
Met meer as 200 individuele spesie illustrasies van die mees ikonieste Kruger spesies, kan dit gebruik word as ‘n gids van identifikasie.
Geniet die wildtuinkaart en merk roetes, vind uit oor die Groot 5 en die Klein 5 en die Groot 6 voëls. Soek spore, vind reptiele, amfibieë en klein ongewerwelde diertjies. Vind skatte in die ruskamp, speel ‘n bordspeletjie of kleur wildtuin inkleurprente in.
Die 64-bladsy boek is gedruk in ‘n Amerikaanse lettergrootte boek met ‘n disleksiese-vriendelike lettertipe wat leesbaarheid verbeter. Die boek sluit ‘n 25-bladsy joernaal afdeling in.
ISBN 978-0-620-99059-2
Vind meer opvoedkundige leesmateriaal deur Liza M Roux hier: Liza M Boeke
Ons is meer as net ‘n handelsmerk – ons is ‘n beweging wat die essensie van Afrika vier. Sluit by ons aan op ‘n reis wat grense oorsteek en die skoonheid van tuisgemaakte talent omhels. Ons Storie
Bly Verbind met Local Is Lekker ZA
Deel jou gunsteling plaaslik-geskrewe boeke met ons of op ons sosiale media platforms. Bly op datum met Local Is Lekker ZA op Facebook, Twitter, TikTok of Instagram, en word geïnspireer deur ander wat plaaslike produkte waardeer.
Reviews
There are no reviews yet.